Olifant gedood in Kavango-Wes

Die polisie in Kavango-Wes is op soek na ‘n verdagte, moontlik meer as een, wat na bewering ‘n olifant-bul by die Woma-dorpie in die Mankumpi-kiesafdeling doodgeskiet het. Daar word vermoed dat die olifant vyf keer geskiet is, wat tot sy dood gelei het, maar net vier koeëls is teruggekry. Die insident is aangemeld deur die gemeenskap en ondanks bewyse, na die herwinning van die karkas en die twee olifanttande is daar nog geen leidrade wat kan lei tot die inhegtenisname van die oortreders nie.