Reserwebank pleit vir beter ekonomiese toestande

Die Monetêre Beleidskomitee het die terugkoopkoers onveranderd gehou op 8,25-persent, wat dit op dieselfde vlak hou sedert Mei verlede jaar. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê die voorspelling dui op matige groeiversnelling tesame met geleidelike inflasie-bestendigheid in die komende jare. Hy sê die komitee se besluite bly afhanklik van data en is daartoe verbind om inflasie te anker tot die middelpunt van die teikenvlak van 3- tot 6-persent. Hy bepleit maatreëls om ekonomiese toestande te verbeter.