Mans lei in stilte

Selfmoord is een van die vinnigste groeiende oorsake van sterftes in die wêreld en selfs plaaslik is daar daadwerklike uitdagings. Die Namibiese Polisie het 151 selfmoorde tussen 1 Januarie en 12 Mei aangeteken, met mans wat verantwoordelik is vir 123 van hierdie sterftes. Twintig van die sake het vroue betrek, terwyl die geslag van agt sake nie bekend gemaak is nie. Jaar-tot-datum statistieke toon dat die Khomas-streek die hoogste aantal selfmoorde aangeteken het, altesaam 24, gevolg deur Ohangwena met 23, Oshikoto met 22, Omusati met 21 en Oshana met 20. Die streke met die laagste aantal selfmoorde is Zambezi, Kavango-Oos en Omaheke, en in Erongo 11. Volgens kommissaris Naftal Sakaria, die polisiehoof van Oshana, ly baie mans in stilte en moet leer om vir hulp te vra.