Damme leeg en inwoners nou desperaat

Die damme in die Ooste is byna leeg, wat die Gobabis-munisipaliteit gedwing het om skemer-tot-dagbreek water-rantsoenering aan te kondig. Die lae vlak van Otjivero-dam, die primêre waterbron van Gobabis en Omitara, wek groot kommer. Die Viljoendamme by Gobabis is kritiek laag, met vlakke op onderskeidelik 5,1 en 2,3 persent. Desperate inwoners sny nou egter waterpype om water vir hul diere en gesinne te kry. Wallace Finnies, ‘n inwoner van Nossobville in Gobabishet bevestig dat inwoners hul tot die uiterste maatreëls wend om te oorleef.