Aanklagte teen Scottie Scheffler laat vaar

Gholf: Aanklagte teen die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, is laat vaar nadat hy tydens die PGA-kampioenskap in Louisville gearresteer is. Die Amerikaner is aangekla van aanranding op ʼn polisiebeampte, misdadige optrede, roekelose bestuur en dat hy ʼn verkeersbeampte geïgnoreer het. Jefferson-distrik se aanklaer, Mike O’Connell, sê hy het die bewyse bestudeer en tot die gevolgtrekking gekom Scheffler se gedrag was nie misdadig nie. Scheffler se prokureur, Steve Romines, sê sy 27-jarige kliënt gaan nie ʼn siviele saak aanhangig maak nie.