Israel beheer hele Gaza-Egipte grens

Israeliese magte het beheer oorgeneem van ‘n buffersone langs die grens tussen die Gazastrook en Egipte. Dit gee Israel effektief beheer oor die hele landsgrens. Israel gaan ook voort met dodelike klopjagte op Rafah in die suide van Gaza, ondanks ‘n bevel van die Internasionale Geregshof om aanvalle op die stad te beëindig. Hoof-militêre woordvoerder, Daniel Hagari, sê Israeliese magte het “operasionele” beheer oor die “Philadelphi-korridor” verkry, die 14km lange korridor langs die Gazastrook se grens met Egipte. Hy sê die korridor het as ‘n suurstoflyn vir Hamas gedien, om wapens in die gebied in te smokkel.