Osino hou Twin Hills belanghebbendes-vergaderings

Osino Resources se Twin Hills goudprojek is naby die produserende, oopgroef Navachab- en Otjikoto-goudmyne geleë in die Damara orogeniese gordel. Die goud-deposito is onder andere geskik vir ‘n konvensionele oopgroef myn. Die Twin Hills myn sal na verwagting einde vanjaar met bedrywighede begin. Osino beplan vergaderings met belanghebbendes wat vandag in Windhoek afskop. Daar sal ook vergaderings in Karibib, Omaruru, Swakopmund en Usakos wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Robert Zipplies, die volhoubaarheidsbestuurder by Osino, wat meer inligting gee.