Ally het nie ‘n benul waarvan sy praat nie

Die onafhanklike presidentskandidaat Ally Angula het die tonge laat klap oor haar gewaande onkunde na die presidensiële debat wat deur die Konrad Adenauer-stigting aangebied is. Sy het eers Uranium One en ReconAfrica se eksplorasie-aktiwiteite gekritiseer, en toe Namibië se bewaringsprogramme geteiken. Volgens haar steel hulle almal grond by mense. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Riaan Van Rooyen, die woordvoerder van Uranium One, wat sê Angula het nie ‘n benul waarvan sy praat nie.