Jack Huang verdedig weer sy N$74m dagvaardiging

Die finansminister se dagvaarding van 74 miljoen Namibiese dollar teen omstrede sakeman Jack Huang se Jack’s Trading kom vandag vir ‘n voorverhoor-konferensie voor regter Eileen Rakow voor. Die minister eis heffings in verband met doeane en aksyns-wetgewing. In sy stukke sê die minister dat hy ‘n heffing op die invoer van sement geplaas het, in verskillende persentasies vir verskillende periodes. Daar was ‘n hofgeding wat uiteindelik ook in die hooggeregshof gedraai het, en daar is bevind dat Jack’s Trading aanspreeklik is vir die heffings vanaf 2012 tot 2017. Hy het Portland-sement ingevoer.