Liverpool had goeie seisoen: Alexander-Arnold

Sokker: Die verdediger van Liverpool, Trent Alexander-Arnold, hou vol die span het ‘n goeie seisoen agter die rug ondanks ‘n pap einde aan afrigter Jurgen Klopp se laaste veldtog aan bewind op Anfield. Die span van Merseyside het in Februarie die Engelse Ligabeker gewen en was op koers vir ‘n ongeëwenaarde vier trofees. Liverpool het egter in die FA-beker teen hulle aartsvyand, Manchester United, verloor en daarna uitgeval in die Europaliga voor hulle in twee skadelike weke in April uitgesak het in die stryd om die Premierliga-titel.