Wes-Kaap kies hoop en eenheid: Steenhuisen

Die DA-leier John Steenhuisen sê as die mense van die Wes-Kaap die vordering wat die party gemaak het wil beskerm, moet hulle Woensdag vir die DA stem. Steenhuisen het tydens ‘n saamtrek in Belhar, Kaapstad, gepraat. Met verwysing na die ANC en wat hy noem hulle handlangers in die EFF en die Patriotic Alliance, het Steenhuisen gesê mense sal nie dié partye en hulle politiek van vrees en verdeling toelaat om die mag weer aan diewe en plunderaars terug te gee nie. Hy sê die Wes-Kaap kies hoop en eenheid.