Nie-funksionele abattoirs, kwarantynfasiliteite kortwiek Noordelike boere
Boere in die Kunene- en Omusati-streke sê nie-funksionele abattoirs en vervalle vee-kwarantynfasiliteite is waarom hulle nie toegang tot winsgewende markte kry nie. Dit is as van die struikelblokke geïdentifiseer wat veeprodusente in die Noordelike Kommunale Gebiede belemmer. Dit het aan die lig gekom tydens die voortdurende toesigbesoeke deur die Parlementêre Staande Komitee vir Ekonomie en Publieke Administrasie in die gebiede. Die toesigbesoeke spruit voort uit ‘n petisie wat die Nasionale Vergadering in 2022 ontvang het. Die resultate van die besoeke sal beskikbaar gemaak word sodra die Nasionale Vergadering na die reses op 4 Junie begin. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Erginus Endjala, die goewerneur van die Omusati-streek, oor sy bekommernisse as ‘n boer.