Israel oorweeg stappe teen Noorweë, Ierland, Spanje

Die Israelse ministerie van Buitelandse Sake oorweeg volgens berigte verdere diplomatieke stappe teen Noorweë, Ierland en Spanje nadat hulle verklaar het hulle gaan ʼn Palestynse staat erken. Israel het reeds sy ambassadeurs uit dié lande herroep en hou noodsaaklike fondse van die Palestynse Owerheid terug. Moontlike diplomatieke stappe sluit in dat amptenare van hierdie lande se besoeke aan Israel gekanselleer word, en dat die visums van hierdie lande se diplomate teruggetrek word wat hulle besoeke aan gebiede in die Wesoewer kan beperk.