Oshikoto spreek Etosha-stropery aan

Die Oshikoto-polisie, hoofmanne en streekraadslede span saam om nuwe strategieë te bespreek om wildbronne in die Etosha Nasionale Park te beskerm. Die polisie se streeksbevelvoerder Theopoline Kalompo-Nashikaku, sê dit is noodsaaklik dat hulle bymekaarkom om te keer dat stropers die Etosha Nasionale Park binneval. Sy meen daar is nabygeleë boere en ander individue wat nie met die wet saamwerk nie. Kalompo-Nashikaku het ook aangedui dat hulle ‘n begroting toegeken het om diegene wat wildmisdade aanmeld, te beloon. Naambo Iipinge, adjunkdirekteur van Etosha Nasionale Park, sê hulle het vanaf Januarie 2024 tot op datum 40 renosters verloor en 30 renosters van stropers gered. Altesaam 20 sake is aangemeld en 18 verdagtes is in Januarie 2024 tot op hede in hegtenis geneem.