Noorweë sal saam met Ierland en Spanje Palestynse staat erken

Noorweë sal ‘n onafhanklike Palestynse staat erken in die hoop dat dit sal help om vrede met Israel te bring, het premier Jonas Gahr Stoere vandag gesê. Ierland en Spanje sal ook die erkenning van ‘n Palestynse staat aankondig. Lede van die Europese Unie, Slowenië en Malta, het ook die afgelope weke aangedui dat hulle van plan is om die erkenning te gee, met die argument dat ‘n tweestaat-oplossing noodsaaklik is vir blywende vrede in die streek. Voor die aankondigings het sowat 143 uit 193 lidlande van die Verenigde Nasies ‘n Palestynse staat erken.