Tamson hoor binnekort oor of hy vir borg aansoek kan doen

Hoërhofregter David Munsu sal binnekort sy belissing gee oor die feite van die nuwe borgaansoek van Fishrot-beskuldigde Tamson Hatuikulipi. Hy soek borg in die hoërhof maar, die staatsadvokaat het die regter ingelig dat sy aansoek nie op nuwe gronde is nie. Die 43-jarige Hatuikulipi, ook die skoonseun van sy medebeskuldigde Bernhardt Esau, is saam met al die ander Fishrotters sedert November 2019 in aanhouding. Dit is sy vierde poging om borg te bekom