Reaksie op beplanning vir pendelspoor tussen Rehoboth, Windhoek, Katutura

‘n Pendel-spoordiens tussen Windhoek en Rehoboth, asook Windhoek en Katutura kan ‘n werklikheid word. Die werke en vervoer-ministerie het geadverteer vir konsultasiedienste om hul belangstelling in ‘n uitvoerbaarheidstudie in te handig. Die regering het finansiering by die Afrika Ontwikkelingsbank gekry wat vir onder meer so ‘n pendel-spoordiens gebruik sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die direkteur en adviseur van die Afri-Track Group, Dawie Moller, wat sê so ‘n inisiatief sal in vele opsigte die moeite werd wees.