Meisie, 9, deur 14-jarige broer verkrag
Nog ‘n verkragting van ‘n minderjarige is in die Noorde aangemeld. ’n Negejarige meisie is na bewering deur haar 14-jarige broer by Oshitundu-dorpie in die Oshikuku-kiesafdeling verkrag. NamPol se Omusati-streekbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, sê die voorval het na bewering iewers tussen Februarie en vroeg Mei plaasgevind. “Daar word beweer dat die minderjarige verdagte seksuele omgang gehad het met die minderjarige, wat nie toestemming kan gee nie,” het hy gesê. Die saak is deur ‘n maatskaplike werker aangemeld. Basson het aangedui dat die minderjarige verdagte uit die huis geneem is, maar nog nie in hegtenis geneem is nie.