Kleiner ondernemings kry groot hupstoot

Bank Windhoek het aangekondig dat hy die 200 miljoen Namibiese dollar wat aan die Klein- en Mediumgrootte Ondernemings Ekonomiese Herstel-leningskema toegeken is, ten volle benut het. Van hierdie bedrag is 192 miljoen dollar reeds uitbetaal, met die oorblywende 8 miljoen dollar wat goedgekeur is en binnekort uitbetaal sal word. Die leningskema is in Februarie 2023 herbekendgestel. Dit is ‘n inisiatief deur die regering, ondersteun deur verskeie finansiële instellings, wat ontwerp is om broodnodige finansiële bystand te verskaf aan kleiner ondernemings wat onder die ekonomiese afswaai sedert 2016 gely het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bank Windhoek se hoof van klein- en mediumgrootte ondernemings, Bianca Janse van Vuuren, wat meer inligting gee.