Zim wil litiumbatterye vervaardig
Vier Zimbabwiese litium-mynmaatskappye het planne ter tafel gelê om batterygraad-litium plaaslik te vervaardig. Zimbabwe, Afrika se topprodusent van litium, spoor mynmaatskappye aan om die mineraal plaaslik te verfyn, want dit kan die ekonomie ’n hupstoot gee. Tans produseer Chinese litiummyners, wat die sektor in Zimbabwe oorheers, slegs litiumkonsentrate wat hulle na China stuur vir verwerking. Verlede November het die regering mynwerkers tot Maart vanjaar gegee om planne oor raffinering binne die land voor te lê. Die regering het die sperdatum op versoek van maatskappye met twee maande verleng, volgens adjunk-myneminister Polite Kambamura.