Uiteindelik! Windhoek-Rehoboth pendel-spoordiens dalk ‘n werklikheid

Die werke en vervoer-ministerie wil begin werk aan ‘n pendel-spoordiens tussen Windhoek en Rehoboth, asook Windhoek en Katutura. Dit sal deel vorm van ‘n vervoer-infrastruktuur verbeteringsprojek. Hy het geadverteer vir konsultasiedienste om formeel uitdrukkings van belangstelling in te handig vir ‘n uitvoerbaarheidstudie. Die sluitingsdatum vir die belangstellings is 6 Junie. Die studie moet kyk na waarde vir geld, ekonomiese voordele, armoedevermindering, bekostigbaarheid, werkskepping en sosiale en ekonomiese impakte, asook die verbetering van mobiliteit van burgers in en om die hoofstad. Die regering het finansiering van die Afrika Ontwikkelingsbank gekry vir die vervoerprojek. Die ministerie sê ‘n deel van die lening sal aangewend word vir so ‘n pendel-spoordiens.