Mans tennis se top-10 verander
Tennis: Daar is twee veranderings onder die top tien mans op die jongste wêreldranglys. Alexander Zverev van Duitsland het die Rus Daniil Medvedev verbygesteek na die vierde plek nadat hy gister die Italiaanse Ope gewen het. Hubert Hurkacz van Pole vervang Stefanos Tsitsipas van Griekeland in die agtste plek. Novak Djokovic is steeds eerste, gevolg deur Jannik Sinner van Italië en die Spanjaard Carlos Alcaraz. Nog ‘n Rus, Andrey Rublev, is sesde; Casper Ruud van Noorweë sewende en Grigor Dimitrov van Bulgarye tiende.