Pluimvee-produkte weer uit SA toegelaat

Die landbouministerie sê hoender- en pluimvee-produkte word weer vanaf Suid-Afrika ingevoer. Volgens die ministerie se hoof veeartsenybeampte, dr. Albertina Shilongo, word invoere net toegelaat vanaf produsente wat binne die sogenaamde voëlgriep-vry kompartemente in die buurland is. Suid-Afrika sukkel steeds met ‘n uitbreking van die siekte maar, Shilongo sê die ministerie is tevrede met maatreëls om veilige gebiede te skep en te onderhou.