DA sê dankie vir expats wat stem

Die DA bedank die tien-duisende Suid-Afrikaners wat die naweek oorsee by ambassades en konsulate gestem het. Die DA-leier John Steenhuisen sê in ‘n verklaring hulle toewyding, ondanks lang reise en ure in rye, onderstreep hulle liefde vir Suid-Afrika en vasberadenheid om ANC-korrupsie stop te sit. Hy voeg by, die DA waardeer hulle opoffering en beskou dit as ‘n ware demokratiese heldedaad.