Nampol vind N$100 000 se gesteelde droogtehulp kos

Die Namibiese polisie sê gesteelde droogtehulp voedsel is by Leeupos-plaas by Guinas gevind. Die waarde van die goedere beloop ongeveer 100 000 Namibiese dollar. Volgens die mag het ‘n intelligensie-gedrewe operasie na die vonds gelei maar, geen arrestasie is tot dusver gemaak nie. Die mag maak wel melding van die feit dat die goedere op die eienaar van die grond se huis gestoor is. Die ondersoek duur voort. Owerhede het oor die afgelope weke melding gemaak van die diefstal van die kos sowel as bedrog met die aflewering daarvan.