Iran se Raisi dood in heli-ongeluk
Iran se president Ebrahim Raisi, die minister van buitelandse sake Hossein Amir Abdollahian en sewe ander, is dood in ‘n helikopter ongeluk in die noordooste van die land. Raisi het besoek afgelê by ‘n dam-projek op die grens met Azerbaidjan en was op pad terug toe dit Sondagmiddag in gure weer neergestort het. Die swak toestande het reddingspogings belemmer en die land se Rooikruis het ‘n kort rukkie gelede die ongelukstoneel gevind. Raisi se dood kom te midde van spanning in die Midde-Ooste. Die land het 12 visepresidente en die eerste een, Mohammed Mokhber sal oorneem tot verkiesings in 50 dae gehou word.