Capricorn plaas weer visier op voedselvermorsing
Die Food Waste Challenge is ‘n kompetisie wat deur die Capricorn-stigting geloods is om voedselvermorsing te verminder en werk te skep in Namibië. Voedselvermorsing is ‘n groot uitdaging met 2,5 miljard ton wat jaarliks weggegooi word terwyl miljoene honger ly. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rikus Grobler, die bestuurder van innovering by die stigting, wat meer inligting gee oor wat die kompetisie vanjaar gaan behels.