Menseregte navorser toegang tot Rwanda verbied

’n Navorser van Human Rights Watch is vandeesweek met haar aankoms in Kigali gedeporteer. Die verhouding tussen die organisasie die Paul Kagame-administrasie is uiters gespanne. Owerhede sê sy is nie welkom in Rwanda nie en is op die volgende Kenyan Airways-vlug geplaas. Die uitvoerende direkteur by die organisasie, Tirana Hassan, sê Rwanda se vyandigheid is daarop gerig om menseregteskendings weg te steek. Hassan sê Rwanda is bang vir menseregtemonitering en onafhanklike ondersoeke.