United Airlines wil teen 2050 nul-uitlatings bereik
United Airlines is verbind om teen 2050 nul-koolstofuitstralings te bereik. Die direkteur van verkope vir Europa, Indië, Israel, Afrika en die Midde-Ooste, Thorsten Lettnin, sê ten spyte van groei in die sektor beplan United om uitstralingsvlakke met volhoubare lugvaartbrandstof te handhaaf asook koolstofverminderingstegnologieë en koolstofopvangs. Volgens Lettnin verbind die redery hom om teen 2030 vyf-persent volhoubare lugvaartbrandstof te gebruik. Hy verwys ook na die ondersteuning van elektriese en hibriede vliegtuigontwikkeling asook groener battery vir sy grondvloot.