Piramide-raaisel dalk opgelos
Wetenskaplikes glo dat hulle moontlik die raaisel opgelos het van hoe 31 piramides, insluitend die wêreldbekende Giza-kompleks, meer as 4 000 jaar gelede in Egipte gebou is. Die grootste raaisel was altyd hoe die Egiptenare die reuse blokke tot op die terrein gekry het en daar is altyd geglo ‘n waterweg moes gebruik gewees het. Nou het ’n navorsingspan van die Universiteit van Noord-Carolina Wilmington ontdek dat die piramides langs ’n langverlore, antieke tak van die Nylrivier staan. Die navorsers het radar, sediment-toetse en geofisiese opnames gebruik om die vertakking, wat deur droogtes en sandstorms bedek is, te ontdek.