Tiger pak sy tas na rampspoedige PGA-poging

Met ‘n rampspoedige ses-oor-syfer 77 in die tweede ronde van die PGA-kampioenskap, het die 15-malige major-wenner Tiger Woods nie die geprojekteerde afsnypunt in Louisville, Kentucky, gehaal nie. Dit was sy eerste toernooi na die Meesters. Volgens Reuters was dit die jongste terugslag vir die voormalige wêreld nommer een-speler, wat min meegeding het na ‘n aaklige motorongeluk in 2021, en nog sukkel om sy beste spelpeil te herwin.