George-redding en herwinningproses afgehandel
Die redding-en-herwinningsoperasie by die ineengestorte gebou in George is afgehandel. Die Wes-Kaapse LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê meer as ‘n duisend werkers het aan die operasie deelgeneem, wat 260-uur geduur het. Meer as 6 000 ton rommel is verwyder. Die aantal mense op die perseel is afwaarts aangepas tot 62. Bredell bevestig 33 sterftes en 34 mense gered waarvan vyf later dood is, terwyl tien pasiënte steeds in die hospitaal is. Hy sê die vordering met die ondersoek sal mettertyd oorgedra word.