Halfeindstryde in Italiaanse Ope vandag beslis

Tennis: Dit is vandag die halfeindronde vir mans op die Italiaanse Ope in Rome. Die derde gekeurde Duitser, Alexander Zverev, pak eers die 29ste gekeurde Chileen, Alejandro Tabilo, wat die wêreld se nommer een, Novak Djokovic van Serwië en die 16de gekeurde Rus, Karen Khachanov, uitgeskakel het onderweg na die voorlaaste ronde. Dan kom nog ‘n Chileen, die 21ste gekeurde Nicolás Jarry, teen die 14de gekeurde Amerikaner, Tommy Paul, te staan.