Nuwe selfoon-slenter steek kop uit
Verskeie swendelarye sien steeds die lig. Die nuutste is dat lede van die publiek ingelig word dat hul nommers onder iemand anders se naam geregistreer is en daar van hulle vereis word om ‘n SMS-kode te verskaf. Die kode gee die swendelaar eintlik toegang tot hul bankbesonderhede. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Telecom Namibia se woordvoerder, Nomvula Kambinda…