Gemarginaliseerde studente wag nog op toelae die jaar

Plaaslike berigte lui dat 63 studente van gemarginaliseerde gemeenskappe nie hul maandelikse toelae van 1 500 Namibiese dollar ontvang het nie. Hulle onderrigfooie is blykbaar ook nog nie betaal nie. Die ministerie van armoede uitwissing is verantwoordelik daarvoor. Die betalings word elke kwartaal oorgedra en dus, kort die studente hul toelaag vir Februarie, Maart en April. Daar is ‘n totaal van 240 studente. Daar word berig die ministerie sal eers Maandag kommentaar kan lewer.