AfriForum se raad onderneem om hof te nader oor gesondheidsversekering

AfriForum se raad van direkteure het onderneem om die Nasionale Gesondheidsversekeringwet met ‘n regstryd te beveg totdat alle middele uitgeput is. Die organisasie beplan om ‘n saak aanhangig te maak en dit meedoënloos na te volg met die gesondheidsvryheid van Suid-Afrikaners as ‘n beginselsaak. Die veldtogbeampte van AfriForum Louis Boshoff beklemtoon die organisasie se vasberadenheid en kritiseer president Cyril Ramaphosa se hantering van die wet: