Nuwe hospitaal in Windhoek ‘is verkiesings-truuk’
Inwoners van Windhoek se informele nedersettings het in groot getalle opgedaag by die sooispit-seremonie van die Khomas Distrikshospitaal in Havana, Windhoek. Konstruksie van die hospitaal sal na verwagting teen 2027 voltooi wees teen ‘n koste van 16 miljard Namibiese dollar. Die hospitaal sal 500 beddens hê, asook onder meer geestesgesondheid, chirurgie, kraamfasiliteite, personeelverblyf en ontspanningsfasiliteite. Dit sal na verwagting die druk op die Katutura- en Windhoek-staatshospitale verlaag. Die sermonie is waargeneem deur vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah namens president Nangolo Mbumba. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van die nasionale voorsitter van die Independent Patriots for Change, Brian Black, wat sê dit is na sy mening net ‘n poging om stemme in verkiesingstyd te probeer wen.