Jy kan steeds registreer vir Resilient Hearts-program

Die #BreakFree groep wat onder die One Economy Foundation val het ‘n nuwe program geloods. Die program, Resilient Hearts, het ten doel om lede van die publiek wat seksuele mishandeling en geslagsgeweld ervaar het, te behandel. Die program het hulle sperdatum vir aansoeke uitgestel tot 24 Mei. Kosmos 94.1 Nuus het met Sonel Ames gepraat wat ‘n sielkundige berader by die One Economy Foundation is. Lede van die publiek kan by die jeugkampus in Katutura gaan aansluit.