YouTube blokkeer pro-demokrasievideos na Hong Kong-hofbevel

YouTube sê hy sal voldoen aan ‘n bevel van ‘n hof in Hong Kong om toegang te beperk tot videos van ‘n verset-liedjie. Hong Kong se appèlhof het verlede week die regering se versoek toegestaan vir ‘n verbod op “Glory to Hong Kong”, ‘n volkslied wat ontstaan het tydens die stad se pro-demokrasiebeweging in 2019. Die hofbevel verbied ‘n reeks optredes, waaronder die uitvoer en uitsaai van die lied met misdadige bedoelings. YouTube het bevestig hy sal Hong Kongse verbruikers onmiddellik toegang verhoed tot 32 videos wat deur die hof aangedui is.