Waterbesparings? Watter waterbesparings?
Stad Windhoek is in die moeilikheid. Waterbesparings is weer in die week van 7 tot 13 Mei met 14 persent oorskry. Die stad sê seisoenaal is die teiken ook met 14 persent oorskry. Maar, die inwoners is nie alleen daarvoor te blameer nie. Dit is sedert verlede jaar bekend dat die kanse vir ‘n droogte uiters hoog is en die stad het nog geensins enige veldtog geloods om inwoners in te lig nie, dit ten spyte van die feit dat die hoof uitvoerende beampte Moses Matyayi aan Kosmos 94.1 Nuus in Februarie gesê het die veldtog sal aan die einde van daardie maand van stapel gestuur word. Die stad kry net 40 persent van sy water van NamWater en moet op die akwifer, boorgate en herwinning staatmaak.