Ma wat blykbaar haar seun verkrag verskyn weer

Die 37-jarige ma wat daarvan verdink word dat sy haar nege-jarige seun herhaaldelik verkrag het, is op 17 April borg in die Ondangwa-landdroshof geweier. Sy het die kind blykbaar ook gebrand as hy nie wou toegee nie en is aangekla van verkragting en aanranding. Landdros Lloyd Munyungano het haar saak tot vandag toe uitgestel omdat sy vir psigiatriese observasie gestuur word. Die vrou kan nie geïdentifiseer word nie omdat die slagoffer, haar kind, dan bekend sou wees.