Onderwysministerie maan oop fopnuus

Die Namibiese onderwysministerie het met groot kommer die verspreiding van vals inligting in gemeenskappe en sosiale media waargeneem. Die ministerie wil dit duidelik maak dat die skoolkalender vir 2021 nie soos volgens die misleidende inligting gekanselleer is nie. Die uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, Sanet Steenkamp het ‘n beroep op ouers gedoen om die korrekte inligting te volg soos verskaf deur die ministerie en kinders daarvolgens voor te berei. Steenkamp praat met Kosmos 94.1 Nuus.