Verstappen spring vandag eerste in China weg

Die driemalige wêreldkampioen, Max Verstappen, het die eerste wegspringposisie losgeslaan vir die Chinese Grand Prix, 0,322-sekondes vóór sy Red Bull-spanmaat Sergio Perez, met Aston Martin se Fernando Alonso derde. Verstappen het die vinnigste ronde afgelê vir ‘n perfekte dag nadat hy vroeër die snelren op die Shanghai Internasionale baan gewen het. Charles Leclerc van Ferrari is in die sesde wegspringposisie, Carlos Sainz sal in die vierde ry wees, in die sewende posisie, naas George Russell van Mercedes. Lewis Hamilton, in sy Mercedes, sal vanaf die 18de posisie, in ry nege, wegspring.