SAL se Dudu is siek, korrupsie-saak uitgestel
Die landdroshof in Richardsbaai het die voormalige Suid-Afrikaanse Lugdiens-raadsvoorsitter, Dudu Myeni, se korrupsieverhoor tot 10 Mei uitgestel vir oorplasing na die hoëhof in Johannesburg. Die woordvoerder van die Ondersoek-direktoraat, Henry Mamothame, gee Myeni se hospitalisasie as rede aan. Sy en haar medebeskuldigde, Trevor Mathenjwa, staan tereg op aanklagte wat verband hou met sowat 300 000 Suid-Afrikaanse rand se korrupsie en bedrog, verbind met Bosasa. Beide is borgtog van 10 000 rand toegestaan: