Iran-aanval: Cyril sê sy grootste vrees het waar geword

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het vroeg reeds gewaarsku dat tensy daar ‘n wapenstilstand tussen Israel en Palestina bereik word, die situasie na ander streke sal uitbrei. Iran het Saterdag ‘n aanval op Israel van stapel gestuur. Die aanval was in weerwraak op Israel se aanval op Iran se konsulaat in Sirië, wat die lewens van sewe Iranse offisiere geëis het. Ramaphosa het tydens ‘n ANC-verkiesingsveldtog in Orange Farm, Gauteng, gesê sy ergste vrese het waar geword: