Boeing-ongelukke in hof
Die Amerikaanse Senaat se Handelskomitee beplan Woensdag ‘n verhoor oor ‘n verslag oor Boeing se veiligheidskultuur. Die verslag is in Februarie deur ‘n paneel kenners vrygestel en het die kultuur kritiseer en beduidende verbetering gevra. Die Amerikaanse Kongres het die paneel verlede jaar aangestel nadat honderde mense dood is in Boeing 737 MAX ongelukke in Indonesië en Ethiopië. In Januarie vanjaar is die Amerikaanse vervaardiger se probleme vererger toe ‘n vliegtuig se deur tydens ‘n vlug oopgeruk is.