Noa moet ondersoek instel… Kandjeke wil nie August 26 se verslag openbaar nie

Die leier van die amptelike opposisie, McHenry Venaani, het ‘n brief geskryf waarin hy eis dat die Teenkorrupsie-kommissie die ouditeur-generaal se beweerde weerstand om die ouditverslag vir August 26 te openbaar, ondersoek. In die skrywe aan Paulus Noa, direkteur-generaal van die kommissie, sê Venaani die ouditeur-generaal se kantoor weerhou die verslag doelbewus, wat ernstige vrae laat ontstaan oor deursigtigheid en aanspreeklikheid in die bestuur van openbare fondse. Hy sê die mandaat van die kommissie is om gevalle van korrupsie of wanadministrasie waarby openbare instellings en amptenare betrokke is, te ondersoek.