Wiskunde-genie wen rekord

Ontmoet die menslike sakrekenaar, Guinness World Records-houer Aaryan Shukla.

In 2022 het Aaryan Shukla, op die jong ouderdom van 12, die Wêreldkampioen geword by die Wiskunde Wêreldbeker wat in Paderborn, Duitsland, gehou is.

Die graad 9-leerling het nou nog ‘n mylpaal behaal. Hy het ‘n Guinness-wêreldrekord geskep vir die ‘vinnigste tyd om 50 vyf-syfergetalle in sy kop bymekaar te tel . Shukla het die rekord in 25.19 sekondes behaal op die Italiaanse TV-program, Lo Show Dei Record, in Milaan, Italië.