Kampioeneliga-kwarteindstryde gaan voort ondanks terreurdreigement
Sokker: Vandeesweek se kwarteindstryde in die Kampioeneliga gaan voort ten spyte van ‘n beweerde terreurdreigement. ‘n Media-groep wat met die Islamitiese Staat verbind word, het blykbaar ‘n dreigement teen al vier wedstryde uitgereik. Arsenal speel vanaand teen Bayern München in Londen, terwyl Real Madrid en Manchester City in Spanje kragte meet. Môre kom Paris Saint Germain in Parys teen Barcelona te staan en Atletico takel Dortmund in Madrid. SkySports berig sekerheidsmaatreёls by al die stadions is opgeskerp.