Chennai Super Kings weer op die wenpad

Die verdedigende kampioen in die Indiese Premierliga, die Chennai Super Kings, is weer op die wenpad ná ‘n oorwinning van sewe paaltjies oor die Kolkata Knight Riders op die Chepauk. Tushar Deshpande en Ravindra Jadeja het elk drie paaltjies geneem en gehelp om Kolkata in hul 20 boulbeurte tot 137 vir nege te beperk. CSK het sy derde sege in vyf wedstryde behaal met die hulp van sy kaptein, Ruturaj Gaikwad, se 67-nie-uit-nie van 58 balle. Gaikwad sê dit is noodsaaklik om by die toestande aan te pas: